Monegaskies Munegascu | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Monaco | |
Totale sprekers: | 35 657 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Wes-Romaans Galloitalies Liguries Monegaskies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Monegaskies (Munegascu, Frans: Monégasque) is die inheemse taal van Monaco, waar dit ook as 'n verpligte skoolvak ingevoer is.
Monegaskies is 'n Romaanse taal, wat op die grondslag van Zeneize, die huidige Liguriese omgangstaal ontwikkel het en ondanks sterk Oksitaanse invloede nog steeds baie ooreenkomste met die plaaslike dialek van Genua toon. Danksy die Genuese oorsprong verskil dit ook sterk van aangrensende Suid-Franse dialekte soos Intemeliaans (Intemelio) en Mentonaskies, die dialek van die stad Menton.
Die Monegaskiese spelling en uitspraak stem grotendeels met Italiaans ooreen, behalwe vir