Mongoolse skrif | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | c. 1204 - hede | |||
Rigting | Bo na onder | |||
Tale | Mongools, Mantsjoe, Ewenkies | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
ISO 15924 | Mong, 145 | |||
Unicode | Mongolian, U+1800 – U+18AF | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die klassieke Mongoolse skrif (in Mongoolse skrif: , Mongγol bičig; in Mongoolse Cyrillies: Монгол бичиг, Mongol bitsjig) was die eerste skryfstelsel wat spesifiek vir Mongools geskep is en dit was die suksesvolste, tot die Cyrilliese alfabet in 1946 begin gebruik is. Dit is afgelei van die Oud-Oeigoerse skrif en is ’n ware alfabet, met aparte simbole vir konsonante en klinkers. Die skrif is aangepas om tale soos Oirat en Mantsjoe te skryf en word vandag nog in Binne-Mongolië en ander dele van China gebruik. Dit is ook sedert 1994 weer ’n verpligte skoolvak en pogings word aangewend om die ou tradisies en kultuur te laat herleef deur die skrif in kalligrafie en skilderwerk te gebruik.
Die tradisionele Mongoolse skrif word vertikaal geskryf. Dit het verskeie name. Omdat dit van die Oeigoerse alfabet afgelei is, het dit bekend geword as "Oeigoerzjin"-Mongoolse skrif (Cyrillies: Уйгуржин монгол бичиг). In die kommunistiese tydperk, toe Mongoolse Cyrillies die amptelike skrif van Mongolië geword het, het die tradisionele skrif bekend geword as Oud-Mongoolse skrif (Хуучин монгол бичиг), in teenstelling met die "Nuwe skrif" (Шинэ үсэг).