Monte Carlo Monte-Carlo / Monte-Carlu Spélugues | |
---|---|
'n Uitsig oor Monte Carlo (en Monaco) soos vanaf die ooste gesien. | |
Koördinate: 43°44′23″N 7°25′38″O / 43.73972°N 7.42722°O | |
Land | Monaco |
Stigting | 1 Julie 1866 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,61 km2 (0,234 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 14 586 |
Poskode | 98000 |
Skakelkodes | 0377 |
Webwerf | monte-carlo.mc |
Monte Carlo (Frans: Monte-Carlo, Monegaskies: Monte-Carlu) is die vernaamste woonkwartier van die stadstaat Monaco, 'n onafhanklike prinsdom aan die Franse Côte d'Azur (Middellandse See).
Die buurt dra sy Italiaanse naam sedert 1 Julie 1866 ter ere van Prins Charles III van Monaco. Die snelle groei van Monte Carlo het anderkant die grens tot die stigting van 'n Franse voorstad, Beausoleil, gelei.