Morisyen kreol morisien | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [kʁeol moʁisjɛ̃, -moʁiʃɛ̃] | |
Gepraat in: | Mauritius | |
Gebied: | Oos-Afrika | |
Totale sprekers: | 1 339 200[1] | |
Taalfamilie: | Kreools Frans Bourbonnaiskreools Morisyen | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | mfe | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Morisyen (kreol morisien, [kʁeol moʁisjɛ̃, -moʁiʃɛ̃]) is 'n Frans-gebaseerde Kreools wat deur sowat 1 339 200 mense op die eilandstaat Mauritius gepraat word, sowat 84% van die bevolking.[2] Dit is die lingua franca en de facto taal van Mauritius, hoewel dié land de jure oor geen amptelike taal beskik nie.[3][4] Dit is nou verwant aan die kreooltale van Réunion (Réunionnais) en Seychelle (Seychellekreools), maar net laasgenoemde geniet ampstaalstatus. Daar word oorweeg om Morisyen tot 'n amptelike taal te verhef.
Morisyen het uit Frans ontwikkel, maar sluit ook leenwoorde uit Engels, Malgassies, Tamil, Wolof en Bantoetale van Oos-Afrika in.