N. P. van Wyk Louw | |
---|---|
N.P. van Wyk Louw in 1968 | |
Gebore | Nicolaas Petrus van Wyk Louw 11 Junie 1906 |
Sterf | 18 Junie 1970 (op 64) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep | Digter, akademikus en dramaturg |
Eggenoot | Joan Wessels, Truida Pohl |
Nicolaas Petrus van Wyk Louw (11 Junie 1906 – 18 Junie 1970) was 'n letterkundige en professor aan die Gemeentelike Universiteit in Amsterdam en die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was ’n Afrikaanse filosoof, digter, dramaturg en skrywer en die enigste persoon wat die Hertzogprys in drie genres, naamlik digkuns, drama en kritiese prosa, gewen het.