Nahuatl Nawatlahtolli, mexikatlahtolli, mexkatl, mexikanoh, mehkanohtlahtol, masewaltlahtol | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈnaːwatɬ] | |
Gepraat in: | Meksiko El Salvador Guatemala Nicaragua Kanada Verenigde State | |
Totale sprekers: | 1 730 000[1] 140 800 500–1300 | |
Taalfamilie: | Uto-Asteeks Nahuan Asteeks Nahuatl | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Meksiko[3] | |
Gereguleer deur: | INALI[2] | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | nah | |
ISO 639-3: | nhe | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Nahuatl (nawa-tl, [ˈnaːwatɬ], taal van Noord-Amerika met sowat 1,7 miljoen sprekers in die Meksikaanse deelstate Estado de México, Puebla, Guerrero, Hidalgo, Veracruz, Oaxaca, Durango, Morelos, Meksikostad, Tlaxcala, San Luis Potosí, Michoacán, Jalisco en Nayarit. Nahuatl word deur die Nahuas, voorheen een van die Meso-Amerikaanse beskawings, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal van Meksiko. Die taal is tot die Spaanse verowering van Meksiko in 'n eie alfabet geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik.
, letterlik: "mooi of helder klank" en tlahtol-li "taal" of "tale") of Asteeks ([asˈteːkah]), voorheen Meksikaans (mexihkacopa, [meːʃiʔkaˈkopa], letterlik: "in die wyse van Meksika" of mexikatlahtolli, letterlik: "Mexika-taal"), is die belangrikste inheemseNahuatl is veral bekend as taal van die Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke in die huidige Meksiko, almal Nahua-volke. Tydens die Asteekse tydperk het Nahuatl as lingua franca in Sentraal-Amerika gedien. In die moderne tydperk is Nahuatl 'n natuurlike taal in El Salvador en Meksiko en word deur immigrante in Guatemala, Nicaragua, Kanada en die Verenigde State van Amerika gepraat. Hedendaags is die meeste Nahuas tweetalig met Spaans as tweede taal. Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Nahuatl sluit avokado, chayote, sjokolade, kojote, peyote, axoloti en tamatie in.