Nanga Parbat | |
---|---|
Ligging | Pakistan |
Hoogte | 8 125[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 4 608 |
Reeks | Himalaja |
Koördinate | 35°14′15″N 74°35′21″O / 35.23750°N 74.58917°O |
Eerste bestyging | 3 Julie 1953 |
Eerste bestyger(s) | Hermann Buhl |
Maklikste roete | Diamir (Wes-wand) |
Nanga Parbat (Oerdoe: نانگا پربت [nəŋɡaː pərbət̪], letterlik "naakte berg"; ook bekend as Diamir, letterlik "koning van die berge") is 'n berg in die Himalaja wat in die bestrede gebied Kasjmir in die noorde van Pakistan geleë is. Met 'n hoogte van 8 125 meter is dit die negende hoogste berg van Asië en in die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri en Manaslu. Nanga Parbat staan weens verskeie mislukte ekspedisies, veral tydens die Nazi-bewind, as die "noodlotsberg van die Duitsers" bekend.