Subklas van | politieke ideologie |
---|---|
Bestudeer deur | nasionalisme studies |
Gekarakteriseer deur | irredentisme, Types of nationalism |
Beoefen deur | nasionalis |
Teenoorgestelde van | Anti-nasionalisme, kosmopolitisme, internasionalisme |
Nasionalisme is 'n politieke, sosiale en ekonomiese stelsel wat gekenmerk word deur die belange van 'n spesifieke nasie te bevorder, veral met die doel om selfbestuur, of volle soewereiniteit, oor die groep se tuisland te verkry. Die politieke ideologie hou dus in dat 'n nasie self moet regeer, vry van ongewenste buite-inmenging, en is gekoppel aan die konsep van selfbeskikking. Nasionalisme is ook gefokus op die ontwikkeling en instandhouding van 'n nasionale identiteit gebaseer op gedeelde eienskappe soos kultuur, taal, ras, godsdiens, politieke doelwitte of 'n geloof in 'n gemeenskaplike afkoms.[1][2]
As 'n beweging is nasionalisme geneig om die belange van 'n bepaalde nasie (soos in 'n groep mense) te bevorder[3] veral met die doel om die nasie se soewereiniteit (selfregering) oor sy vaderland te verkry en te handhaaf om 'n nasiestaat. Nasionalisme meen dat elke nasie homself moet regeer, vry van inmenging van buite (selfbeskikking), dat 'n nasie 'n natuurlike en ideale basis vir 'n staat is,[4] en dat die nasie die enigste regmatige bron van politieke mag is.[3][5] Nasionalisme poog dus om 'n nasie se tradisionele kultuur te bewaar en te bevorder.[6] Daar is verskeie definisies van 'n "nasie", wat lei tot verskillende tipes nasionalisme. Die twee hoof uiteenlopende vorme is etniese nasionalisme en burgerlike nasionalisme.
Die morele waarde van nasionalisme, die verhouding tussen nasionalisme en patriotisme, en die versoenbaarheid van nasionalisme en kosmopolitisme is almal onderwerpe van filosofiese debat.[7][8] Nasionalisme kan gekombineer word met diverse politieke doelwitte en ideologieë soos konserwatisme (nasionale konserwatisme en regse populisme) of sosialisme (linkse nasionalisme).[4][9][10] In die praktyk word nasionalisme as positief of negatief gesien afhangende van die ideologie en uitkomste daarvan. Nasionalisme was 'n kenmerk van bewegings vir vryheid en geregtigheid, is geassosieer met kulturele herlewings,[6] en moedig trots van nasionale prestasies aan.[11] Dit is ook gebruik om rasse-, etniese en godsdienstige verdeeldheid te legitimeer, minderhede te onderdruk of aan te val, en menseregte en demokratiese tradisies te ondermyn.[12] Radikale nasionalisme gekombineer met rassehaat was 'n sleutelfaktor in die Holocaust wat deur Nazi-Duitsland gepleeg is.[13]
<ref>
tag; no text was provided for refs named ref1
<ref>
tag; no text was provided for refs named ref2