| |||||
Nasionale leuse: God's will first (Engels vir: "God se wil eerste") | |||||
Volkslied: Nauru Bwiema (Nauruaans vir: "Nauru, ons tuisland") | |||||
Hoofstad | Geen (de jure) Yaren (de facto) | ||||
Grootste stad | Yaren | ||||
Amptelike tale | Engels en Nauruaans | ||||
Regering | Unitêre parlementêre republiek onder 'n onpartydige demokrasie[1] David Adeang | ||||
Onafhanklikheid | van VN-trusteeskap 31 Januarie 1968 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
21 km2 (193ste) 8,1 myl2 0,57 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
10 834[2][3] (227ste) 10 084[4] 480 / km2 (25ste) 1 243,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
Gini (2012) | 32,4[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Australiese dollar (AUD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+12) nie toegepas nie (UTC+12) | ||||
Internet-TLD | .nr | ||||
Skakelkode | +674 |
Nauru (Nauruaans: Naoero), amptelik die Republiek Nauru (Engels: Republic of Nauru, Nauruaans: Ripublik Naoero), voorheen Pleasant Island (letterlik: "aangename eiland"), is 'n klein eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië net suid van die ewenaar. Die koraaleiland van 21 km² is deur fosfaatmynbou erg verwoes, en fosfaatreserwes is nou byna uitgeput. Nauru, wat jare gelede een van die welvarendste nasies wêreldwyd was, kon die bates van die fosfaatmynbou nie winsgewend belê nie en is vandag weer een van die ontwikkelende lande. Die eiland het 'n bevolking van 10 084 in 2021 gehad. Engels en Nauruaans is die twee amptelike tale en die Australiese dollar is die amptelike geldeenheid. Klein hoeveelhede fosfaat, piesangs en kokosprodukte is die hoofsaaklike uitvoerprodukte. Australië se ambassades neem die diplomatieke verteenwoordiging vir Nauru in die buiteland waar. De jure het Nauru geen hoofstad of stede nie; die parlement en regering van Nauru is in Yaren gesetel, wat de facto as hoofstad beskou word.
Met 'n oppervlakte van net 21 km² is Nauru die derde kleinste land ná die Vatikaanstad en Monaco, die kleinste land in die Stille Oseaan en Oseanië, die kleinste land buite Europa, die kleinste eilandstaat, en die kleinste republiek. Daarbenewens het dit met 'n bevolking van 10 084 (in 2021) die wêreld se derde kleinste bevolking, ná die Vatikaanstad en Tuvalu.
As gevolg van sy sterk afhanklikheid van Australië word Nauru dikwels as 'n soort satellietstaat beskou.[7][8][9]