| |||||
Nasionale leuse: Je Maintiendrai (Frans) Ik zal handhaven (Nederlands) ("Ek sal handhaaf") | |||||
Volkslied: Wilhelmus | |||||
Hoofstad | Amsterdam | ||||
Grootste stad | Amsterdam | ||||
Amptelike tale | Nederlands, Wes-Fries | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Willem-Alexander Dick Schoof Fleur Agema Sophie Hermans Eddy van Hijum Mona Keijzer | ||||
Onafhanklikheid | van die Spaanse Ryk 26 Julie 1581 30 Januarie 1648 16 Januarie 1795 16 Maart 1815 15 Desember 1954 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
41 865[1][2] km2 (134ste) 16 164 myl2 18,41 (2023)[1] | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
17 985 137[3] (68ste) 16 655 799[4] 429,6 / km2 (33ste) 1 112,7 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,946[6] (10de) – baie hoog | ||||
Gini (2023) | 26,4[7](15de) – laag | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+01) MEST (UTC+02) | ||||
Internet-TLD | .nl | ||||
Skakelkode | +31 | ||||
Nederland (Nederlands: [ˈneːdərlɑnt], ; Wes-Fries: Nederlân), informeel Holland,[8] is 'n land in die noordweste van die Europese vasteland en bestaan uit 12 provinsies. Dit word begrens deur die Noordsee in die noorde en weste, België in die suide en Duitsland in die ooste; in die Noordsee grens Nederland ook aan die Verenigde Koninkryk.[9] Die hoofstad is Amsterdam en die regeringsetel is Den Haag. Die Karibiese eilande Bonaire, Saba en Sint Eustatius maak ook deel van Nederland uit. Saam met die Karibiese eilande Aruba, Curaçao en Sint Maarten vorm Nederland die Koninkryk van die Nederlande. Die land se amptelike taal is Nederlands, met Wes-Fries as 'n tweede ampstaal in die provinsie Friesland, en Engels en Papiaments as sekondêre ampstale in die Karibies Nederland. Nederlandse Nedersaksies en Limburgs is erkende streekstale (gebesig onderskeidelik in die (noord)ooste en suidooste), terwyl Romani en Jiddisj erkende minderheidstale is.[10]
Nederland se vier grootste stede is Amsterdam, Rotterdam, Den Haag en Utrecht.[11] Amsterdam is die land se mees bevolkte stad en amptelike hoofstad,[12] terwyl Den Haag die Stategeneraal, die Kabinet en die Hooggeregshof huisves.[13] Die Rotterdamse hawe is die besigste beide in Europa en buite Asië, net ná die Volksrepubliek China en Singapoer.[14] Die Amsterdamse Lughawe Schiphol is die belangrikste in Nederland en die derde besigste in Europa net ná Londen se Heathrow en Parys se Charles de Gaulle. Nederland is 'n stigtingslid van die Europese Unie, Eurosone, G10, NAVO, OESO en WHO, maar ook deel van die Schengengebied en die trilaterale Benelux. Dit huisves 'n aantal interregeringsorganisasies en internasionale howe, waarvan die meeste in Den Haag, wat vervolgens die "wetlike hoofstad van die wêreld" genoem word.[15]
Nederland beteken letterlik "Lae Lande" en verwys na sy lae hoogte en plat topografie, waarvan net sowat 50% 1 meter bo seevlak geleë is, en naastenby 26% benede seevlak.[16] Die meeste gebiede benede seevlak, bekend as polders, is tydens landherwinning verkry wat in die 14de eeu begin het.[17] In die omgangstaal of informeel word na Nederland as Holland verwys.[8] Met 'n bevolking van sowat 17,8 miljoen in 2023 op 'n oppervlakte van omtrent 41 500 km² — waarvan die landoppervlakte omtrent 33 600 km² — maak van Nederland met 'n bevolkingsdigtheid van 429/km² (totaal) en 529/km² (land) die twaalfde digsbevolkte land in die wêreld en die vyfde digsbevolkte in Europa. Nogtans is Nederland die wêreld se tweede belangrikste uitvoerder van voedsel en landbouprodukte (na die Verenigde State), danksy sy vrugbare grond, gematigde klimaat, intensiewe landbou en vindingrykheid.[18][19][20]
Nederland handhaaf sedert 1848 'n unitêre parlementêre grondwetlike monargie. Die land beskik oor 'n tradisie van Verzuiling en 'n lang geskiedenis van sosiale verdraagsaamheid; hulle het aborsie, prostitusie en genadedood gewettig en 'n liberale dwelmbeleid. Nederland het in 1870 die doodstraf in die burgerlike reg afgeskaf, hoewel dit eers heeltemal verwyder is totdat 'n nuwe grondwet in 1983 goedgekeur is. Nederland het reeds in 1917 die stemreg vir vroue ingevoer en in 2001 die eerste land geword om selfdegeslaghuwelike te wettig. Sy gemengde mark binne 'n gevorderde ekonomie het die elfde hoogste per kapita-inkoms wêreldwyd.[5] Nederland beklee wêreldwyd die eerste plekke wat persvryheid,[21] ekonomiese vryheid,[22] menslike ontwikkeling, lewenskwaliteit en geluk betref.[23][24] In 2019 het Nederland die tiende grootste ekonomie volgens BBP per capita gehad,[5] die tiende plek van menslike ontwikkeling[6] en die vyfde plek op die Wêreldgelukindeks beklee.[25]