| ||||
’n Kaart van die Nieu-Assiriese Ryk en sy uitbreiding. | ||||
Hoofstad | Assur Nineve Harran | |||
Taal/Tale | Akkadies, Aramees | |||
Regering | Monargie | |||
Koning | ||||
- 911-892 v.C. | Adad-nirari II (eerste) | |||
- 612-609 v.C. | Ashur-uballit II (laaste) | |||
Historiese tydperk | Mesopotamië | |||
- Gevestig | 911 v.C. | |||
- Slag van Nineve | 612 v.C. | |||
- Val van Harran | 609 v.C. | |||
- Ontbind | 609 v.C. |
Die Nieu-Assiriese Ryk was ’n tydperk in die geskiedenis van Assirië van 911 tot 609 v.C.[1] Ná die hervormings van Tiglat-Pileser III in die 8ste eeu v.C. het Assirië die magtigste ryk in die Nabye Ooste geword en oor selfs Babilonië en Egipte geheers.[2][3] Dit het op die Middel-Assiriese Ryk gevolg.
In dié tyd is Aramees saam met Akkadies die amptelike taal van die ryk gemaak.[4]
Ná die dood van Assurbanipal in 627 v.C. het die ryk begin verbrokkel. In 616 v.C. het koning Kuaksares van die Mede ’n alliansie met Nabopolassar gevorm teen Assirië. In 609 v.C. het die nuwe hoofstad, Harran, geval en in 605 v.C. is ’n bondgenootskap van Egipte en die Assiriese koning Ashur-uballit II verslaan. Hierna het Assirië ophou bestaan as ’n onafhanklike staat.[5]