Nihonium

113 coperniciumnihoniumflerovium
Tl

Nh

(Uhs)
Algemeen
Naam, simbool, getal nihonium, Nh, 113
Chemiese reeks onbekend; moontlik ’n
hoofgroepmetaal
Groep, periode, blok 13, 7, p
Atoommassa (286) g/mol
Elektronkonfigurasie voorspel;[1] [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p1
Elektrone per skil voorspel; 2, 8, 18, 32, 32, 18, 3
CAS-registernommer 54084-70-7
Fisiese eienskappe
Toestand voorspel;[1][2] vastestof
Digtheid (naby k.t.) voorspel; 16 g/cm³
Smeltpunt 700 K
(430 °C)
Kookpunt 1 430 K
(1 130 °C)
Smeltingswarmte afgelei; 7,61 kJ/mol
Verdampingswarmte voorspel; 130 kJ/mol
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande voorspel;[1][3] −1, 1, 3, 5
Ionisasie-energieë 1ste: 704,9 kJ/mol
2de: 2 238,5 kJ/mol
3de: 3 203,3 kJ/mol
Geskiedenis
Ontdek Augustus 2003
Ontdek deur Riken-navorsingsinstituut, Japan
Gesamentlike Instituut vir
Kernnavorsing, Doebna, Rusland
(eerste aangekondig)
Genoem na Japan (Nihon in Japannees)
Datum van naam November 2016
Vorige naam ununtrium (Uut)
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van nihonium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
286Nh sin 8 s α 9,63 282Rg
285Nh sin 4 s α 9,74; 9,48 281Rg
284Nh sin 1 s α 10,00 280Rg
EV - 284Cn
283Nh sin 0,1 s α 10,12 279Rg
282Nh sin 70 ms α 10,63 278Rg
278Nh sin 1,4 ms α 11,68 274Rg
Portaal Chemie

Nihonium is ’n sintetiese, uiters radioaktiewe element met die simbool Nh en atoomgetal 113. Die stabielste bekende isotoop, nihonium-286, het ’n halfleeftyd van 20 sekondes.

Nihonium is eers in 2003 deur die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, ontdek en in 2004 deur ’n span Japannese wetenskaplikes by Riken, ’n groot navorsingsinstituut in Japan. In Desember 2015 het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC) en die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika (IUSTF) die element erken en die prioriteit van die ontdekking aan Riken toegeken.[4]

In November 2016 is aangekondig die voorlopige naam van die element, ununtrium (Uut), word in nihonium (Nh) verander,[5] na aanleiding van die algemene Japannese naam Nihon vir Japan.[6][7]

Op die periodieke tabel lê nihonium in die p-blok (die hoofgroepelemente), in die 7de periode (die boorgroep), hoewel nog nie bevestig is dat dit soos die swaarder homoloog van tallium in dié groep optree nie. Daar word bereken dat dit van dieselfde eienskappe het as sy ligter homoloë, boor, aluminium, gallium, indium en tallium, en soos ’n hoofgroepmetaal optree, hoewel dit ook groot verskille sal toon van die ander elemente in die groep. Anders as al die ander elemente in die p-blok, sal dit miskien sy d-elektrone in verbindings betrek, hoewel dié voorspelling betwis word.

  1. 1,0 1,1 1,2 Hoffman, Darleane C.; Lee, Diana M.; Pershina, Valeria (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3rd uitg.). Dordrecht, The Netherlands: Springer Science+Business Media. ISBN 1-4020-3555-1.
  2. Bonchev, Danail; Kamenska, Verginia (1981). "Predicting the Properties of the 113–120 Transactinide Elements". Journal of Physical Chemistry. American Chemical Society. 85 (9): 1177–1186. doi:10.1021/j150609a021.
  3. Thayer, John S. (2010). "Relativistic Effects and the Chemistry of the Heavier Main Group Elements": 82. doi:10.1007/978-1-4020-9975-5_2. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  4. IUPAC (2015). "Discovery and Assignment of Elements with Atomic Numbers 113, 115, 117 and 118". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2015. Besoek op 4 Januarie 2016.
  5. "IUPAC Announces the Names of the Elements 113, 115, 117, and 118". IUPAC. 30 November 2016. Besoek op 30 November 2016.
  6. Staff (30 November 2016). "IUPAC Announces the Names of the Elements 113, 115, 117, and 118". IUPAC. Besoek op 1 Desember 2016.
  7. St. Fleur, Nicholas (1 Desember 2016). "Four New Names Officially Added to the Periodic Table of Elements". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 1 Desember 2016.

Developed by StudentB