Nikephoros I Logothetes

Nikephoros I
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Nikephoros I en sy seun en opvolger, Staurakius, uitbeeld.
’n Muntstuk wat Nikephoros I en sy seun en opvolger, Staurakius, uitbeeld.
Bewind 802811
Volle naam Nikephoros I Logothetes
Dinastie Nikephoros
Oorlede 26 Julie 811
Voorganger Irene van Athene
Opvolger Staurakius
Kinders Staurakius
Prokopia

Nikephoros I of Nicephorus I Logothetes (Grieks: Νικηφόρος Α΄; oorl. 26 Julie 811) was die Bisantynse keiser van 802 tot met sy dood in 811. Hy was ook bekend as Genikos ("Bringer van Oorwinning").

Hy is deur keiserin Irene as minister van finansies (logothetes tou genikou) aangestel. Hy het haar bewind in 802 omvergewerp en is op 31 Oktober as keiser aangewys. Hy het sy seun, Staurakios, in 803 as medekeiser gekroon.

Nikephoros het die ryk gereorganiseer en op die Balkan Grieke van Anatolië gevestig om die grens te versterk. Hy het baie kapitaal nodig gehad om sy militêre magte te versterk en het dus hoë belastings gehef, wat hom ongewild gemaak het.

In 811 het Nikephoros Bulgarye binnegeval en die hoofstad, Pliska, geplunder. Op hul terugtog is die Bisantynse leër egter in ’n lokval gelei en Nikephoros het gesterf.


Developed by StudentB