| |||||
Nasionale leuse: 강성대국 Gangseong Daegu (Koreaans vir: "Voorspoedige en Groot Nasie") | |||||
Volkslied: 애국가 Aegukka (Koreaans vir: "Die Patriotiese Lied") | |||||
Hoofstad | Pjongjang | ||||
Grootste stad | Pjongjang | ||||
Amptelike tale | Koreaans | ||||
Regering • Ewige President
• Ewige WPK se algemene Sekretaris • Hoogste Leier • Voorsitter van die Vergaderingspresidium • Eerste Minister |
Unitêre eenparty-republiek[1] Kim Il-sung Kim Jong-il Kim Jong-oen Choe Ryong-hae Kim Tok-hun | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Bevryding • Amptelike verklaring |
15 Augustus 1945 9 September 1948 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
120 540 km2 (97ste) 46 540 myl2 0,11 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
25 549 604[2][3] (55ste) 24 052 231[4] 212 / km2 (65ste) 549,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2015-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2015-skatting | ||||
Gini (2007) | 31 – medium | ||||
Geldeenheid | Won (₩) (KPW )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
PYT (UTC+8:30) nie toegepas nie (UTC+8:30) | ||||
Internet-TLD | .kp | ||||
Skakelkode | +850 |
Noord-Korea staan amptelik bekend as die Demokratiese Volksrepubliek Korea (Koreaans: 조선민주주의인민공화국, Chosŏn Minjujuŭi Inmin Konghwaguk) en is in Oos-Asië geleë, in die noordelike helfte van die Koreaanse Skiereiland. Noord-Korea is een van die laaste kommunistiese state in die wêreld en is bekend vir sy geharde Stalinistiese regering.
In die suide grens Noord-Korea aan Suid-Korea, in die ooste aan die See van Japan (wat in Noord-Korea egter Oossee genoem word) en aan die Geelsee in die weste. Die twee lande wat tot 1946 verenig was, word deur 'n 248 kilometer lange 'gedemilitariseerde' sone verdeel. In die noorde grens Noord-Korea aan die Volksrepubliek China en Rusland. Dié grens word deur die riviere Tumen en Yalu gevorm.
Die Koreaanse Werkersparty is in beheer van die land, en meer as 80% van regeringsamptenary behoort aan dié party. Die staat word deur 'n ideologie gedryf wat bekend staan as juche, wat die selfvoorsiening van die volk nastreef en die volk as die subjek en meester van die sosiale rewolusie beskou. Mag is gesetel in die leierskap van die Koreaanse Werkersparty. Die leier van Noord-Korea is Kim Jong-il wat op sy beurt ook die leier van die Koreaanse Werkersparty en die weermag is. Kim Jong-il wat in Noord-Korea tot 'n kultusfiguur verhef is, het sy vader, Kim Il-sung, na sy dood in 1994 opgevolg. Ná die oorlede van Kim il-sung is hy deur sy seun Kim Jong-oen opgevolg.
Die Juche-ideologie is die grootste dryfkrag vir Noord-Korea se isolasie in die moderne wêreld. Die ekonomie het gestagneer deur die loop van die negentigerjare en het voedseltekorte in groot dele van die land veroorsaak. Noord-Korea is ook berug vir menseregteskendings wat spraakvryheid en bewegingsvryheid geweldig inperk.
Noord-Korea se internasionale verhoudinge is wankelrig. Reeds sedert die Korea-oorlog is dié land se verhouding met sy bure gespanne. Noord-Korea is tegnies gesproke nog in 'n oorlog met Suid-Korea gewikkel. In die sewentiger- en tagtigerjare was Noord-Korea betrokke by die ontvoering van Japannese en Suid-Koreaanse burgers.