Landsvlag | Landswapen |
---|---|
Basiese gegewens | |
Ampstaal: | Duits en Nederduits |
Hoofstad: | Düsseldorf |
Stigting: | 23 Augustus 1946[1] |
Oppervlakte: | 34 110,26 km² (2de) |
Bevolking: | 17 924 591[2] (1ste) (31 Desember 2021) |
Bevolkingsdigtheid: | 525 inwoners / km² (12de) |
BBP - Totaal |
2021 733,257 miljard €[3] (1ste) |
Volkslied (Landeshymne): | geen |
Skuldlas per inwoner: | 10 092 € (31 Maart 2022) |
Totale skuldlas: | 180,895 miljard €[4] (31 Maart 2022) |
Werkloosheidsyfer: | 7,0%[5] (Julie 2022) |
ISO 3166-2: | DE-NW |
Amptelike webwerf: | www.land.nrw |
Politiek | |
Eerste Minister: | Hendrik Wüst (CDU) (sedert 27 Oktober 2021) |
Regerende partye: | CDU en Grüne |
Setels in die parlement (Landtag) (195 setels) (2017: 199 setels): |
CDU 76 (2017: 72) SPD 56 (69) B90/Grüne 39 (14) FDP 12 (28) AfD 12 (16) |
Laaste verkiesing: | 15 Mei 2022 |
Volgende verkiesing: | Mei 2027 |
Parlementêre verteenwoordiging | |
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 6 (van 69) |
Kaart | |
Noordryn-Wesfale of Noord-Rynland-Wesfale (Duits: Nordrhein-Westfalen, [ˈnɔʁtʁaɪ̯n vɛstˈfaːlən], ; Nederduits: Noordrhien-Westfalen) is 'n deelstaat van Duitsland. Dit grens aan die deelstate Rynland-Palts, Hesse en Nedersakse asook aan België en Nederland. Die naam is afkomstig van die ou Pruisiese provinsies Rynland (die noordelike helfte daarvan) en Wesfale.
Noordryn-Wesfale het 'n bevolking van 17 924 miljoen (Desember 2021) en 'n oppervlakte van 34 110 km². Die hoofstad is Düsseldorf en die grootste stad is Keulen.
Die deelstaat is ná die Tweede Wêreldoorlog deur die samesmelting van enkele vroeëre provinsies, waaronder Wesfale en Noordryn (wat albei oorspronklik deel uitgemaak het van Pruise) en Lippe, gevorm. Grootskaalse immigrasie van na-oorlogse vlugtelinge, veral uit die vroeëre oostelike gebiede van die Duitse Ryk, asook migrantewerkers uit Suid-Europa en Turkye gedurende die 1960's en Oos-Europeërs van Duitse afkoms ná 1990, het bygedra tot die deelstaat se huidige demografiese diversiteit. Noordryn-Wesfale is die vierde grootste van al die Duitse deelstate volgens sy oppervlak, maar het verreweg die grootste bevolking.