Noordwes-Kaukasiese tale Wes-Kaukasiese / Abchaz–Adigiese tale
| |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Kaukasus |
Genetiese klassifikasie: |
Primêre taalfamilie Noordwes-Kaukasiese tale |
Onderafdelings: |
Abazgi
Sirkassies
Oebich
|
Verspreiding van die Noordwes-Kaukasiese tale. Sirkassies Abazgi Oebich (dooie taal) |
Die Noordwes-Kaukasiese, Wes-Kaukasiese of Abchaz-Adigiese tale is ’n taalfamilie wat in die Noordwes-Kaukasiese gebied gepraat word, veral in die Russiese republieke Adygea, Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië, die betwiste gebied Abchasië, in Turkye en deur verstrooide bevolkings in die Midde-Ooste.
Hulle word soms "Pontiese tale" genoem in teenstelling met die naam "Kaspies" vir die Noordoos-Kaukasiese tale. Saam met die Noordoos-Kaukasiese tale en die Suid-Kaukasiese tale (Kartweliese tale) maak die familie deel uit van ’n groep van drie taalfamilies wat in die Kaukasus-taalgebied gepraat word; al drie taalfamilies toon egter geen onderlinge genetiese verwantskap nie. Hulle word veral uit geografiese redes onder die sambreelterm Kaukasiese tale saamgevat. Die Georgiese taalkundige Arnold Chikobawa het wel 'n Ibero-Kaukasiese taalfamilie voorgestel, alhoewel dit algemeen verwerp is.
Van die bekendste en belangrikste Noordwes-Kaukasiese tale (volgens moedertaalsprekers) is: Kabardies (1,6 miljoen), Adigies (491 800), Abchasies (190 740) en Abazyns (47 880). Hierdie tale word veral in Georgië en Rusland gebesig en met die Cyrilliese alfabet geskryf.