Letterkunde |
---|
Vernaamste vorms |
Kortverhaal · Novelle |
Genres |
Drama · Epiek · Hygliteratuur Komedie · Liriek · Mito-poësis Nonsens · Ridderroman · Satire Tragedie · Tragikomedie |
Media |
Boek |
Tegnieke |
Prosa · Poësie |
Geskiedenis en Lyste |
Letterkunde / Poësie toekennings |
Bespreking |
Sosiologie · Tydskrifte |
'n Novelle is ‘n geskrewe, fiktiewe, prosaverhaal gewoonlik langer as 'n kortverhaal maar korter as 'n roman. Die woord is afgelei van die Italiaanse woord "novella–", vroulike vorm van "novello–", wat "nuut" beteken.[1] Dit is 'n algemene literêre genre in verskeie Europese tale.
'n Novelle bevat normaalweg minder intrige as 'n roman, maar meer ingewikkelde intriges as 'n kortverhaal. Die intriges kry ook meer tyd om te ontwikkel as in die geval van kortverhale. Anders as met romans is dit gewoonlik nie in hoofstukke opgedeel nie, en is baie maal bedoel om in een sessie gelees te word, net soos die kortverhaal, hoewel oop ruimte soms gebruik word om gedeeltes te skei. Dit behou dus die geheeleffek.[2] Warren Cariou skryf:
The novella is generally not as formally experimental as the long story and the novel can be, and it usually lacks the subplots, the multiple points of view, and the generic adaptability that are common in the novel. It is most often concerned with personal and emotional development rather than with the larger social sphere. The novella generally retains something of the unity of impression that is a hallmark of the short story, but it also contains more highly developed characterization and more luxuriant description.[3]
Die novelle as literêre genre se ontwikkeling begin met die vroeg-Renaissance literêre werke van die Italianers en Franse. Vernaam Giovanni Boccaccio (1313–1375), skrywer van die Decameron (1353)—honderd novelles vertel deur tien mense, sewe vroue en drie mans wat vlug van die Swart Dood deur te ontsnap van Florence na die Fiesole-heuwels, in 1348; en deur die Franse koningin, Marguerite de Navarre (1492–1549), [ook bekend as Marguerite van Valois, et. alii.], skrywer van Heptaméron (1559)—Twee-en-sewentig oorspronklike Franse vertellings (gemodelleer volgens die struktuur van die Decameron).
Dit was nie tot die laat agtiende en vroeë negentiende eeu wat skrywers die novelle tot 'n literêre genre, gestruktureer volgens voorskrifte en reëls, gevorm het nie. In die tyd was die Duitsers die mees aktiewe skrywers van die Novelle (Duits: "Novelle"; meervoud: "Novellen"). Vir die Duitse skrywer is 'n novelle 'n fiktiewe narratief van onbepaalde lengte—van 'n paar tot honderde bladsye—beperk tot 'n enkele, aksiebelaaide gebeurtenis, situasie of konflik wat lei tot 'n onverwagse keerpunt (Wendepunkt), en aanleiding gee tot 'n logiese maar verrassende einde; Novellen neig om 'n konkrete simbool te bevat, wat die verhaal se vaste punt is. Hulle is nog steeds bekend.