Oakland Internasionale Lughawe

San Francisco Bay Oakland Internasionale Lughawe (IATA: OAK, ICAO: KOAK, FAA LID: OAK) is 'n internasionale lughawe in Oakland Kalifornië, Verenigde State. Die lughawe is 16 km suid van middestad Oakland, en bedien die Oosbaaistreek van die San Franciscobaaigebied. Dit word besit deur die hawe van Oakland en het binnelandse passasiersvlugte na stede regoor die Verenigde State en internasionale vlugte na Meksiko, Sentraal-Amerika en die Asore,[1] asook vragvlugte na China en Japan. Die lughawe beslaan 1 100 ha grond.[2] Die lughawe is 'n bedryfsbasis vir Southwest Airlines, wat punt-tot-punt-roetes met basisse bedryf in plaas van 'n tradisionele netwerk met spilpunte.

  1. McGinnis, Chris; SFGATE (17 Desember 2019). "Norwegian Air abandons Oakland International Airport". SFGate. Besoek op 18 Desember 2019.
  2. "OAK airport data at skyvector.com". skyvector.com. Besoek op 24 Augustus 2023.

Developed by StudentB