Oegriese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Hongarye Westelike Siberië |
Genetiese klassifikasie: |
Oeraals Fins-Oegries[1] Oegriese tale |
Onderafdelings: | |
Verspreiding van Oegriese tale |
Die Oegriese tale is 'n tak van die Fins-Oegriese taalfamilie. Dit sluit drie tale in naamlik Hongaars, en die twee Ob-Oegriese tale Ostjaaks en Wogoels. Die tale se gemeenskaplike oorsprong, Proto-Oegries het waarskynlik tussen 4000 v.C. en 200 v.C ontstaan toe Fins-Oegries in Oegries en Fins-Permies verdeel het.[2] Dit is in Westelike Siberië, oos van die Oeralgebergte gepraat.