Oesbekies Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Oesbekistan Kirgisië Afghanistan Kasakstan Turkmenistan Tadjikistan Rusland Volksrepubliek China | |
Gebied: | Sentraal-Asië | |
Totale sprekers: | 27 miljoen[1][2][3] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Oeigoers Wes-Oeigoers Oesbekies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Cyrilliese alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Oesbekistan | |
Gereguleer deur: | Oesbekiese taalagentskap | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | uz | |
ISO 639-2: | uzb | |
ISO 639-3: | uzb | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oesbekies (Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 27 miljoen mense in Oesbekistan, Kirgisië, Afghanistan, Kasakstan, Turkmenistan, Tadjikistan, Rusland en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit is die mees verspreide taal van Sentraal-Asië asook die derde mees gesproke Turkiese taal naas Turks en Azerbeidjans. Oesbekies is die amptelike taal van die Republiek Oesbekistan en verwant aan Oeigoers. Daarbenewens word in die outonome republiek Karakalpakië die Turkse taal Karakalpaks deur die Karakalpakke gebesig.
Tot 1993 is die Cyrilliese alfabet gebruik en sedert 1993 word Oesbekies met 'n nuwe Turks-Latynse alfabet geskryf, wat vir al die Turkiese tale in Sentraal-Asië beplan is. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.