Oeserkaf (ook Oesercheres of Oeserkara) was ’n Egiptiese farao en die stigter van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy was die farao wat die tradisie begin het om sontempels by Aboesir te laat bou.[2] Sy naam beteken "sy siel (ka) is magtig".[3] Hy het van 2494 tot 2487 v.C. regeer[1] en het die Piramide van Oeserkaf by Saqqara laat bou.
- ↑ 1,0 1,1 Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 480. ISBN 0-19-815034-2.
- ↑ Quirke, Stephen (2001). The Cult of Ra: Sun Worship in Ancient Egypt. Thames & Hudson. p. 127
- ↑ Clayton, Peter. Chronicle of the Pharaohs, Thames & Hudson Ltd, 1994. p.61