| ||||||
Algemeen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | oganesson, Og, 118 | |||||
Chemiese reeks | edelgasse | |||||
Groep, periode, blok | 18, 7, p | |||||
Voorkoms | onbekend, waarskynlik kleurloos | |||||
Atoommassa | voorspel, (314) g/mol | |||||
Elektronkonfigurasie | moontlik [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p6 (geraai op grond van radon) | |||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 32, 32, 18, 8 | |||||
Toestand | vermoedelik 'n gas | |||||
CAS-registernommer | 54144-19-3 | |||||
Portaal Chemie |
Oganesson (met die elementsimbool Og) is die naam vir die superswaarelement met die atoomgetal 118, tans die hoogste atoomgetal toegeken aan 'n element (kyk elemente wat in die 21ste eeu ontdek is). Dit het die tydelike IUPAC-naam "ununoctium" en elementsimbool "Uuo" gehad totdat dit op 28 November 2016 sy nuwe naam gekry het.[1][2] Dit is genoem na die fisikus Yuri Oganessian, wat 'n belangrike rol gespeel het in die ontdekking van die swaarste elemente op die periodieke tabel.
Oganesson deel waarskynlik eienskappe met ander elemente in sy groep, die edelgasse, en kom waarskynlik ooreen met radon in terme van chemiese eienskappe. Sommige navorsers verwys daarom daarna as eka-radon. Dit is waarskynlik die tweede radioaktiewe gasagtige element en die eerste standaard halfgeleidende gas.
As kernonstabilitiet vanweë radioaktiwiteit weggelaat word, verwag wetenskaplikes oganesson is chemies baie meer reaktief as xenon of radon. Dit sou waarskynlik stabiele oksiede (OgO3, etc.) sowel as chloriede en fluoriede vorm.