Die Olimpiese Somerspele 1932 (Engels: 1932 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die Xde Olimpiade, is tussen 30 Julie en 14 Augustus 1932 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Daar was geen andere stede wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie.[4] Aangesien die Spele van 1932 plaasvind tydens 'n groot ekonomiese krisis, die Groot Depressie, was daar heelwat minder deelnemers as op die vorige spele in Amsterdam. Die lang reis wat die atlete moes meemaak om tot in Los Angeles te kom het ook 'n rol in die lae deelnemerstal gespeel. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Winterspele aangebied, in Lake Placid in die Adirondack-gebergte.