| ||||
Die Omajjadiese Kalifaat in sy grootste uitbreiding in 750 | ||||
Hoofstad | Damaskus (661–744) Harran (744–750) Córdoba (in ballingskap, 756–1031) | |||
Taal/Tale | Arabies, Aramees, Armeens, Berbers, Georgies, Grieks, Hebreeus, Koerdies, Kopties, Persies, Turks | |||
Godsdiens | Islam | |||
Regering | Monargie | |||
Kalief | ||||
- 661–680 | Muawiyah I | |||
- 744–750 | Marwan II | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Muawiyah I word Kalief | 661 | |||
- Nederlaag en dood van Marwan II deur die Abbasiede | 750 | |||
Oppervlakte | ||||
- 750 | 15 000 000 km2 5 791 532 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 750 skatting | 62 000 000 | |||
Digtheid | 4,1 /km² 10,7 /sq mi | |||
Geldeenheid | Goue dinar en dirham |
Die Omajjadiese Kalifaat (Arabies: بنو أمية, Banoe Omajja) was die tweede van vier Islamitiese kalifate wat ná die dood van Mohammed gestig is. Dit is geregeer deur die Omajjadiese dinastie, wie se naam kom van Omajja ibn Abd Sjams, die oupagrootjie van die eerste Omajjadiese kalief. Hoewel die Omajjad-familie oorspronklik van die stad Mekka gekom het, was Damaskus die kalifaat se hoofstad. Die Omajjadiese Kalifaat het die Moslem-verowerings voortgesit deur die Transoxiana, Sindh, Maghreb en die Iberiese Skiereiland (Al-Andalus) in die Moslemwêreld op te neem. Dit was eindelik 11 miljoen km2[1] groot met 'n bevolking van 33 miljoen mense – een van die grootste ryke wat nog bestaan het beide in grongebied en bevolking .[2] Nadat die Omajjade deur die Abbasidiese Kalifaat omvergewerp is, het hulle na Al-Andalus getrek waar hulle die Kalifaat van Córdoba gestig het wat 'n wêreldsentrum[3][4] geword het van wetenskap, geneeskunde, filosofie en uitvinding en die tydperk van die Goue Eeu van Islam ingelui het.
Die Omajjadiese Kalifaat het oor 'n groot multi-etniese en multikulturele bevolking geheers. Christene, wat steeds 'n meerderheid van die bevolking van die Kalifaat uitmaak, en Jode mag hul eie godsdiens beoefen het, maar hulle moes 'n hoofbelasting betaal (die jizya) waarvan Moslems vrygestel is.[5] Daar was egter die Zakat-belasting op slegs Moslem, wat eksplisiet vir verskillende welsynsprogramme geoormerk is.[5][6] Prominente posisies word deur Christene beklee, waarvan sommige behoort het aan gesinne wat in die Bisantynse regerings gedien het. Die indiensneming van Christene was deel van 'n breër beleid van godsdienstige akkommodasie wat noodsaaklik was deur die teenwoordigheid van groot Christelike bevolkings in die verowerde provinsies, soos in Sirië. Hierdie beleid het ook Muawiya se gewildheid versterk en Sirië as sy magsbasis versterk.[7][8]