Omorivier | |
---|---|
Die Omorivier naby Omorati. | |
Oorsprong | Addis Abeba, Ethiopië Ethiopiese Hoogland |
Monding | Oos-Ethiopië Turkanameer |
Stroomgebied | Ethiopië |
Lengte | 460 km |
Oorspronghoogte | 2 400 m |
Mondinghoogte | 375 m |
Gemiddelde afloop | 250 m³/s |
Die Omorivier is 'n rivier in die suide van Ethiopië. Dit ontspring in die hooglande suid van die hoofstad Addis Abeba, vloei suidwaarts en mond uit in die Turkanameer. Dit is verantwoordelik vir 90 persent van die meer se invloei. Die laer vallei van die Omorivier is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.