Omotiese tale | |||||
---|---|---|---|---|---|
Geografiese verspreiding: |
Ethiopië en Soedan | ||||
Genetiese klassifikasie: |
Afro-Asiaties Omotiese tale | ||||
Onderafdelings: |
Noord-Omoties
Suid-Omoties
| ||||
Verspreiding van Omotiese tale:
Aangrensende tale:
|
Die Omotiese tale vorm 'n tak binne die Afro-Asiatiese tale wat hoofsaaklik in die suidwestelike Ethiopië en die suidoostelike Soedan gepraat word. Dié taalfamilie behels 31 tale wat deur sowat 6,2 miljoen mense gebesig word. Die Omotiese tale is na die Omorivier genoem, wat deur die Omotiestalige gebiede vloei. Alhoewel oor die Omotiese tale se klassifisering as Afro-Asiatiese tale algemene konsensus heers (wat net deur enkele taalkundiges verwerp word), bestaan daar meer debatte oor die presiese afbakening oor die onderlinge subfamilies van die Afro-Asiatiese tale, veral tussen die Koesjitiese en die Omotiese tale; laasgenoemde word soms by eersgenoemde ingesluit.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Wolaytta (1,6 miljoen) en Gamo (1,1 miljoen). Van die tale word met die Ge'ez-skrif geskryf, terwyl ander die Latynse alfabet gebruik. Geen van die Omotiese tale geniet amptelike status in Ethiopië nie.