Ontdekking van Amerika

Uitbeelding van Columbus se groot ontdekking.

In 1492 het ʼn Spaans-gebasseerde transatlantiese maritieme ekspedisie afgeskop, gelei deur die Italiaanse ontdekker, Christopher Columbus. Die ekspedisies van Columbus, merk die begin van die Spaanse kolonisering van Amerika.

Vir ʼn lang tyd is daar geglo dat Columbus en sy bemanning die eerste Europeërs was, wat voet aan wal geslaan het by Amerika. Daar was egter in die 11de eeu ʼn Viking-bemanning, gelei deur Leif Erikson, wat ook Amerika ontdek het. Maar, Columbus se ontdekkingsreise het gelei tot aaneenlopende Europese kontak met Amerika, kolonisering en die gevolge oor en weer wat ʼn effek tot op die hedendaagse lewe het.  

Na tien jaar van studie, mooipraat, smeek en bedel, is Christophorus Columbus se ideaal uiteindelik verwesenlik: Ferdinand en Isabella, die koning en koningin van Spanje, het aan hom drie skepe en ʼn bemanning verskaf om 'n reis na die Land van die Weste te onderneem. Columbus se oogmerk was om na Asië te vaar, na die ryk lande Cipangu en Kathay, wat ons vandag as Japan en China ken. Sy voorgangers het almal probeer om suidwaarts om die kus van Afrika na die Ooste te vaar, maar kaarte soos die van Toscanelli het by hom die gedagte laat posvat dat hy die lande van die Ooste kon bereik deur weswaarts te vaar.


Developed by StudentB