Die Oos-Afrikaanse Skeur is ’n aktiewe geologiese skeur in Oos-Afrika. Dit het omtrent aan die begin van die Mioseen, 22 miljoen tot 25 miljoen jaar gelede, begin ontwikkel.[1] Dit is voorheen as deel van die Groot Skeurvallei beskou wat noordwaarts tot in Klein-Asië strek. Die term "Groot Skeurvallei" word deesdae selde in geologie gebruik, want dit word beskou as twee aparte, maar verwante, skeurstelsels.
Die Oos-Afrikaanse Skeur, ’n smal sone, is ’n ontwikkelende plaatgrens waar die Afrikaplaat besig is om in twee tektoniese plate, die Somaliese en Nubiese Plaat, te verdeel in ’n tempo van 6-7 mm per jaar.[2] As die skeuring voortduur, sal ’n litografiese skeuring binne 10 miljoen jaar voorkom. Dan sal die Somaliese Plaat wegskeur van die res van Afrika en sal ’n nuwe oseaanbekken vorm.