Oos-Germaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
uitgesterf |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Germaans Oos-Germaanse tale |
Onderafdelings: | |
Die moderne Germaanse tale in Europa word verdeel in Noord- en Wes-Germaanse tale: ██ Nederduits (Wes-Germaans) ██ Hoogduits (Wes-Germaans) ██ Eiland-Anglo-Fries (Wes-Germaans) ██ Vasteland-Anglo-Fries (Wes-Germaans) ██ Oos-Skandinawies ██ Wes-Skandinawies ██ Lyn wat die Noord- en Wes-Germaanse tale verdeel |
Die Oos-Germaanse tale is 'n sub-groep van die Indo-Europese tale, in die Germaanse familie. Dit was in Europa, spesifiek tussen die Oder- en Wislariviere en in Suid-Swede, gepraat deur stamme na wie oor die algemeen as Oos-Germane verwys word. Hulle sluit in die Gote, Vandale en Boergondiërs tesame met 'n paar ander.
Daar is maar weinig bekend wat die Oos-Germaanse tale betref, almal is uitgestorwe en slegs Goties het nog geskrifte agtergelaat.