Opera buffa

Opera buffa (Italiaanse uitspraak:ˈɔːpera ˈbufːa; "komiese opera", meervoud: opere buffe) is 'n tipe operagenre. Dit is aanvanklik gebruik as 'n informele beskrywing van Italiaanse komiese operas; wat wisselend deur hul outeurs geklassifiseer is as commedia in musica, commedia per musica, dramma bernesco, dramma comico en divertimento giocoso. Derhalwe het die genre verskeie benamings verkry.

Dit word veral geassosieer met gebeure en ontwikkelinge in Napels in die eerste helfte van die 18de eeu, toe dit gewild geword het in Rome en Noord-Italië; buffa is aanvanklik gekenmerk deur alledaagsheid, plaaslike dialekte en eenvoudige vokale skryfwerk (die basso buffo is die geassosieerde stemtipe). Die hoof vereiste is 'n duidelike uitspraak en frasering.

The New Grove Dictionary of Opera beskou La Cilla (musiek deur Michelangelo Faggioli, teks deur Francesco Antonio Tullio, 1706) en die komponiste Luigi Ricci en Federico Ricci se Crispino e la comare (1850) as onderskeidelik die eerste en laaste verskyning van die genre, hoewel die term soms ook op nuwer werk toegepas word (byvoorbeeld Ernst Krenek se Zeitoper Schwergewicht). Hoogtepunte in die geskiedenis daarvan is die ongeveer 80 libretti deur Carlindo Grolo, Loran Glodici, Sogol Cardoni [1] en verskeie ander anagramme van Carlo Goldoni, die drie Mozart/Lorenzo Da Ponte werke, en die komedies van Gioachino Rossini en Gaetano Donizetti.

Soortgelyke vreemde genres soos opéra comique of Singspiel verskil daarvan, met gesproke dialoog in die plek van recitativo secco, alhoewel een van die die mees invloedryke voorbeelde; Pergolesi se La serva padrona, (wat 'n intermezzo en nie opera buffa is nie) aanleiding gegee het tot die querelle des bouffons in Parys as synde 'n aanpassing daarvan sonder resitatiewe.

  1. Patrick J. Smith: The Tenth Muse (Schirmer 1970) p. 103.

Developed by StudentB