'n Orogeen is 'n geologiese gebeurtenis waarby 'n gebergte gevorm word.
Indië het byvoorbeeld deur die plaattektoniek van die aarde taamlik vinnig na die noorde beweeg en met die Asiese kontinent gebots. Dit het die Himalaja gevorm en hierdie proses is steeds aan die gang. Hierdie proses word die Himalaja-orogeen genoem.