Oromo Afaan Oromoo | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ʌfɑːn ɔrɔmoː] | |
Gepraat in: | Ethiopië Kenia Somalië | |
Gebied: | Horing van Afrika | |
Totale sprekers: | 17,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Koesjities Laagland Oos-Koesjities Oromoid Oromo | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Ethiopië | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | om
| |
ISO 639-2: | orm
| |
ISO 639-3: | orm
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oromo (Afaan Oromoo, [ʌfɑːn ɔrɔmoː], letterlik: "mond (taal) van Oromo") is nog voor Somalies die belangrikste Koesjitiese taal wat deur sowat 17,5 miljoen mense in Ethiopië, Kenia en Somalië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit word deur die Oromovolk gepraat en gebruik sedert 1991 die Latynse alfabet. Vroeër is ook die Ge'ez-skrif en die Arabiese alfabet gebruik. Oromo is die mees verspreide taal van Ethiopië. Oromo word as 'n Laagland Oos-Koesjitiese taal gekategoriseer met die naaste verwante Afar, Saho en Somalies.[2]
Oromo word soms as 'n dialekkontinuüm beskou terwyl moedertaalsprekers dit as een taal met verskeie dialekte beskou. In Ethiopië word Oromo as ampstaal van die Oromia-streek in Suid-Sentraal-Ethiopië erken. Sedert 2020 dien Oromo saam met Afar, Amharies, Engels, Somalies en Tigrinya as amptelike tale van Ethiopië.[3]