Osiris
|
|
Osiris, god van die dooies. Sy swart-groen vel simboliseer hergeboorte.
|
Soort god |
Egipties
|
God van |
Die dood, hiernamaals, lewe en hergeboorte
|
Naam in hiërogliewe |
|
Kultussentrum |
Obydos
|
Simbool |
Staf en dorsvleël, Atef-kroon, volstruisvere, vis, mummieverband
|
Ouers |
Geb en Noet
|
Sibbes |
Isis, Set, Nephthys, Haroeris
|
Metgesel |
Isis, soms Nephthys
|
Kinders |
Horus en soms Anoebis
|
|
Osiris of Oesiris was in die Egiptiese mitologie die god van die hiernamaals, die onderwêreld en die dooies. Hy is gewoonlik uitgebeeld as ’n man met ’n groen vel en ’n farao se baard, met sy bene gedeeltelik soos ’n mummie s’n toegedraai, ’n kroon met twee groot volstruisvere weerskante, ’n staf en ’n dorsvleël.
Osiris is eens beskou as die oudste seun van die aardgod Geb[1] en die luggodin Noet, en ook as die broer en metgesel van Isis. Soms was Horus sy seun wat ná sy dood opgewek is.[1] As heerser van die dooies is Osiris ook soms die "koning van die lewendes" genoem omdat Antieke Egiptenare die geseënde dooies as "die lewendes" beskou het.[2]
- ↑ 1,0 1,1 Wilkinson, Richard H. (2003). The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt. Londen: Thames & Hudson. p. 105. ISBN 0-500-05120-8.
- ↑ "Conceptions of God In Ancient Egypt: The One and the Many", Erik Hornung (vertaal deur John Baines), bl. 233, Cornell University Press, 1996, ISBN 0-8014-1223-4