| |||||
| |||||
Leuse: دولت ابد مدت Devlet-i Ebed-müddet (Ottomaans vir: "Die Ewige Staat") | |||||
Volkslied: Mahmudiye Marşı (1829–1839, 1918–1922) (Ottomaans vir: "Mars van Mahmoed") Mecidiye Marşı (1839–1861) (Ottomaans vir: "Mars van Abdülmecid") Aziziye Marşı (1861–1876) (Ottomaans vir: "Mars van Abdülhamid") Reşadiye Marşı (1909–1918) (Ottomaans vir: "Mars van Mehmet Resad") | |||||
Die Ottomaanse Ryk op sy grootste onder sultan Mehmet IV in 1683. | |||||
Hoofstad | Söğüt (1302–1326) Bursa (1326–1365) Edirne (1365–1453) Istanboel/Konstantinopel (1453–1922) | ||||
Taal/Tale | Turks | ||||
Godsdiens | Islam | ||||
Regering | Monargie | ||||
Historiese tydperk | Nuwe tyd | ||||
- Stigting van die Osman-dinastie deur Osman I | 1299 | ||||
- Verdrag van Lausanne | 24 Julie 1923 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1595 | 20 000 000 km2 7 722 043 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1856 skatting | 35 350 000 | ||||
Geldeenheid | Akche Kurush Lira Sultani |
Die Ottomane was Islamitiese Turke wat genoem is na hul stigter, Osman I (ook vertaal as Othman of Ottoman). Osman was die seun van 'n Turkse hoofman en het 'n reputasie as vaardige krygsman en leier opgebou tydens plundertogte op vestings van die Bisantynse Ryk in noordwes-Turkye (destyds Anatolië genoem). Duisende Turke en Arabiere het hulle by hom aangesluit en mettertyd het hy en sy opvolgers 'n magtige ryk opgebou en die Bisantyne stelselmatig teruggedryf.
Op 29 Mei 1453 het die Ottomane onder sultan Mehmet II die Bisantynse Ryk die finale nekslag toegedien met die verowering van Konstantinopel, hoofstad van die Bisantyne. Dié stad se naam is verander na Istanboel (grootste stad van hedendaagse Turkye) en alle Christelike kerke, soos die bekende Aya Sophia (Kerk van die Heilige Wysheid), is in Islamitiese moskees verander.
Die Ottomaanse Ryk het sy hoogtepunt bereik onder Süleyman die Manjifieke (1520–1566), toe die grootste deel van die Nabye Ooste, Noord-Afrika, Wes-Asië, die Balkanlande en Hongarye onder sy beheer was. Süleyman I het sy sukses beskou as 'n beloning van Allah omdat hy Islam bevorder het. Hy het daarom ook baie moeite gedoen om Islam op alle gebiede, insluitende die kuns, opvoeding en argitektuur te bevorder en uit te brei.
In daardie stadium was net sowat die helfte van die bevolking van die Ottomaanse Ryk Moslems. Anders as in die vroeë Islamitiese Ryk was die Ottomane egter baie verdraagsaam teenoor alle ander godsdienste. Niemoslems is toegelaat om hulself te bestuur in sake rakende godsdiens, opvoeding en regspraak, mits hulle belasting (jizya) aan die owerheid betaal het.
Die Ottomaanse Ryk, een van die magtigste in die geskiedenis van die mensdom, het vir sowat 450 jaar voortbestaan en eers tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918) finaal tot 'n val gekom. Hoewel dit nie 'n suiwer Islamitiese Ryk en teokrasie was soos tydens die Oemajjad- en Abbasidiese dinastieë nie, was Islam die amptelike godsdiens van die Ottomane en het hulle grootliks daartoe bygedra om dié godsdiens te bevorder.