Die Paleis van Whitehall (Engels: Palace of Whitehall) of White Hall was die hoofwoning van die Engelse konings in Londen van 1530 tot 1698, toe alles behalwe die banketsaal afgebrand het. Voor die brand was dit die grootste paleis in Europa – met meer as 1 500 kamers was dit groter as die Vatikaan en Paleis van Versailles.[1] Die naam van die pad waaraan baie van die Britse regering se administratiewe geboue geleë is, kry sy naam van dié paleis.