Die Palestyne (Arabies: الفلسطينيون, al-Filasṭīniyyūn; Hebreeus: פָלַסְטִינִים; afgelei van Nieu-Grieks: Παλαιστίνη, Palaistínē; Arabies: فلسطين, Falasṭīn, [falasˈtˁiːn] of Filasṭīn, [filasˈtˁiːn]) is 'n Arabieseetniese groep inheems aan die streek Palestina. Oorspronklik het die term na die hele bevolking van die Britse mandaat van Palestina verwys, insluitende Jode en Samaritane. Vandag verwys Palestyne na die Arabiese bevolking van Palestina, insluitende die wêreldwye diaspora sedert 1948, wat hoofsaaklik uit vlugtelinge bestaan. Arabiese burgers van Israel identifiseer hulself as Israeli's, Palestyne of Arabiere.[32]
Die Palestyne het hul naam van die Antieke Filistyne verkry. Volgens bewerings het die Antieke Egiptiese term Peleset/Purusati na die "Seevolke",[33] waaronder veral die Filistyne, verwys.[34][35] Van die Semitiese tale is die AkkadiesePalaštu (soms Pilištu) gebruik om na die 7de-eeuse Philistia en sy destydse vier stadstate te verwys.[36] Die Bybels-Hebreeuse verwante woord Plištim word algemeen as "Filistyne" vertaal.
Die Verenigde Nasies het op 29 November 1947 'n Partisieplan vir die streek Palestina uitgevaardig waarin die destydse Britse mandaat van Palestina in 'n Arabiese en 'n Joodse staat opgedeel is. Baie Palestyne het met die stigting van die Staat Israel op 14 Mei 1948 die voormalige Britse mandaat van Palestina verlaat en hulle in Arabiese buurlande soos Egipte, Jordanië, Libanon en Sirië gevestig. Tydens die Israeliese Onafhanklikheidsoorlog van 1948 is die Gasastrook deur Egipte en die Wesoewer deur Jordanië beset. In die Sesdaagse Oorlog van 1967 is beide die Gasastrook en die Wesoewer deur Israel verower, gelyktydig is die oostelike en westelike dele van Jerusalem herenig en tot die "ondeelbare hoofstad" van Israel verklaar.[37]
Op 15 November 1988 het die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO) in Algiers, Algerië, die Staat Palestina se onafhanklikheid van Israel verklaar, wat sedertdien deur die meeste lidlande van die Verenigde Nasies as staat van die Palestyne erken word. Op 4 Mei 1994 is met die Gasa-Jerigo-ooreenkoms binne die Israelies besette gebiede die Palestynse Grondgebiede gestig, wat die Gasastrook en 40% van die Wesoewer beslaan. Op 31 Oktober 2011 het die Staat Palestina 'n lid van die Unesco geword[38] en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van die Staat Palestina as 'n waarnemende land gestem.[39]
Die meeste Palestyne is SoennitieseMoslems, met minderhede van Christene, Samaritane, Droese en Sjiite. Die Palestynse Christene behoort veral aan die Oosters-Ortodokse Kerk (Grieks-Ortodokse Patriargaat van Jerusalem); hul persentasie in Palestina het weens 'n sterk emigrasie egter sterk gedaal, van 21% in 1950 tot net 8% in 2008.[40] Die meeste Palestyne bly in die Palestynse Gasastrook en die Wesoewer, gevolg deur Jordanië, Israel, Sirië, Chili en Libanon. Chili huisves tans met 'n halfmiljoen vlugtelinge die grootste aantal Palestyne buiten die Midde-Ooste.
↑ 4,04,14,24,34,4"UNRWA in figures 2016"(PDF) (in Engels). Verenigde Nasies se hulp- en werkagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Midde-Ooste. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 31 Oktober 2018.
↑(en) Mor, M., Reiterer, F. V., & Winkler, W. (2010). Samaritans: Past and present: Current studies. Berlin: De Gruyter. p. 217.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑(en) Seymour Gitin (2010). Lemaire, André; Halpern, Baruch; Adams, Matthew Joel (reds.). The Books of Kings: Sources, Composition, Historiography and Reception. BRILL. pp. 301–363. vir die Neo-Assiriese bronne bl. 312: Die vier stadstate van die laat Filistynse tydperk (Ystertydperk II) is Amqarrūna (Ekron), Asdūdu (Asjdod), Hāzat (Gasa) en Isqalūna (Asjkelon), met die eertydse vyfde hoofstad Gath wat teen hierdie laat tydperk verlate is.
↑"The Arab Population in Israel"(PDF) (in Engels). Israel Central Bureau of Statistics. 2008. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2018. Besoek op 31 Oktober 2018.