Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kalifornië |
County | Placer |
Koördinate | 39°12′N 120°14′W / 39.200°N 120.233°W |
Stigting | 1949 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | – |
Hoogte bo seevlak | – |
Bevolking: | |
- Totaal (2016) | 823[1] |
- Bevolkingsdigtheid | – |
Tydsone | UTC -8 (PST) |
Somertyd | UTC -7 (PDT) |
Amptelike webwerf | palisadestahoe.com |
Palisades Tahoe, tot in 2021 Squaw Valley, is 'n ski-oord in die Olympic Valley (deelstaat Kalifornië, Verenigde State) en die plek waar die Olimpiese Winterspele 1960 gehou is.[2] In 2012 het dit met die nabygeleë Alpine Meadows saamgesluit en Squaw Valley Alpine Meadows gevorm om gesamentlike toegang aan te bied tot 6 200 akkers, 43 skilifte en meer as 270 skibane.[3] In 2021 is die naam amptelik verander in Palisades Tahoe, aangesien die woord "squaw" deur Indiane as rassisties en seksisties gekritiseer word.[4][5]
Die skigebied van Palisades Tahoe is een van die mees gesofistikeerdes in die Verenigde State van Amerika en die tweede grootste in die Lake Tahoe-gebied na die Heavenly-ski-oord. Palisades Tahoe beskik oor hoogs moderne hoëspoed-ski-lifte asook die enigste Funitel in die land.
Vanweë Palisades Tahoe se gewildheid – die ski-oord lok jaarliks sowat 60 000 skitoeriste – word die naam van die skigebied intussen ook gebruik om na die hele Olympic Valley-gebied te verwys. Die ski-oord is in die Sierra Nevada-bergreeks geleë en strek oor ses pieke en 'n totale oppervlakte van 4 000 akkers of sestien vierkante kilometer. Die laagste punt lê 1 890 meter (6 200 voet) bo seevlak, terwyl die bergspits Granite Chief, die hoogste punt in die gebied, 2 760 meter (9 050 voet) rys.
Danksy die maritieme invloede word in Palisades Tahoe jaarlikse sneeuvalle van twaalf meter (veertig voet) of meer aangeteken. Die steil hellings en groot sneeudiepte maak van Palisades Tahoe 'n uiters geskikte bestemming vir bergskisport.