Paradiso (Dante)

Dante en Beatrice praat met die onderwysers van wysheid Thomas van Aquino, Albertus Magnus, Petrus Lombardus en Siger van Brabant in die sfeer van die son (fresko deur Philipp Veit), Kanto 10.

Paradiso (Italiaans vir "Paradys" of "hemel") is die derde en laaste deel van Dante se epiese gedig Goddelike Komedie, ná die Inferno en Purgatorio. Dit is 'n vertelling van Dante se reis deur die hemel, begelei deur Beatrice, wat teologie simboliseer. In die gedig word die Paradys uitgebeeld as 'n reeks konsentriese sfere wat die aarde omring en wat onder meer die Maan, Mercurius, Venus, die Son, Mars, Jupiter, Saturnus en die vaste sterre bevat. Dit is in die 14de eeu geskryf. Allegories verteenwoordig die gedig die siel se opvaart na God.


Developed by StudentB