Paranal-sterrewag

Paranal-sterrewag
Cerro Paranal is die sterrewag se hoofpiek – waar die Baie Groot Teleskoop (vier eenhede) en VLT-opnameteleskoop (regs) geleë is.
Cerro Paranal is die sterrewag se hoofpiek – waar die Baie Groot Teleskoop (vier eenhede) en VLT-opnameteleskoop (regs) geleë is.
Organisasie Europese Suidelike Sterrewag (ESO)
Kode 309
Ligging Cerro Paranal, Chili
Hoogte 2 635 m
Webtuiste Paranal-sterrewag
Teleskope Baie Groot Teleskoop (VLT)
VLT-hulpteleskope
VLT-opnameteleskoop (VST)
VISTA-teleskoop
Oorgangsteleskoop

Paranal-sterrewag is ’n sterrewag wat deur die Europese Suidelike Sterrewag (ESO) onderhou word. Dit is in die Atacamawoestyn van Noord-Chili op Cerro Paranal geleë, op ’n hoogte van 2 635 m. Volgens algehele ligversamelingsarea is dit die grootste optiese-infrarooisterrewag in die Suidelike Halfrond. Net die Mauna Kea-sterrewag op Hawaii in die Noordelike Halfrond is groter.

Die Baie Groot Teleskoop (VLT) is die grootste teleskoop hier en bestaan uit vier aparte 8,2 m-teleskope. Daarbenewens kan die vier hoofteleskope hul lig kombineer om ’n vyfde instrument, die Baie Groot Teleskoop-interferometer (VLTI), te vorm. Vier hulpteleskope van 1,8 m elk is ook deel van die VLTI en kan gebruik word wanneer die hoofteleskope met ander projekte besig is.

Op die terrein is ook die VLT-opnameteleskoop (VST) van 2,6 m en die VISTA-opnameteleskoop van 4 m wat saam groter dele van die hemelruim kan bespied.


Developed by StudentB