Peugeot | |
Tipe | Société anonyme |
---|---|
Gestig | 2 April 1896 deur Armand Peugeot |
Hoofkantoor | Parys, Frankryk |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiging |
Produkte | Motors, kommersiële voertuie |
Dogter- maatskappye | Citroën |
Webwerf | Peugeot |
Peugeot is 'n handelsmerk van motorvoertuie, motorfietse en ook fietse wat tans deur die multinasionale konglomeraat Stellantis N.V. besit word. Dit was voorheen deur die Franse maatskappy PSA Peugeot Citroën besit, voor dit met Fiat Chrysler Automobiles (FCA) saamgesmelt het om Stellantis te word. Die handelsmerk is na die familie Peugeot uit die streek van Montbéliard in Frankryk vernoem.
In 2008, 117 jaar nadat hulle begin het om motorkarre te vervaardig, het Peugeot reeds 50 miljoen motors gebou.[1]