Pierre Curie | |
Pierre Curie, ca. 1906
| |
Gebore | 15 Mei 1859 Parys, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 19 April 1906 (op 46) Parys, Frankryk |
Blyplek | Frankryk |
Vakgebied | Chemie, fisika |
Alma mater | Sorbonne |
Doktorale promotor(s) | Gabriel Lippmann |
Doktorale student(e) | Paul Langevin André-Louis Debierne Marguerite Catherine Perey |
Bekend vir | Radioaktiwiteit Curie se wet |
Toekennings | Davy-medalje (1903) Nobelprys vir fisika (1903) Matteucci-medalje (1904) Elliott Cresson-medalje (1909) |
Handtekening |
Pierre Curie (15 Mei 1859 – 19 April 1906) was 'n Franse fisikus en die eggenote van Marie Curie. Hy het aan die Sorbonne studeer en word professor in Algemene Fisika aan die École de Physique et de Chimie in 1895. Later beklee hy dieselfde pos aan die Sorbonne in 1904.
Sy eerste navorsingswerk het gegaan oor magnetisme in kristalle. Saam met sy broer Paul-Jean Curie ondersoek hulle piësoëlektrisiteit in kristalle in 1880. Sy werk oor magnetiseerbaarheid lei tot Curie se Wet terwyl Curie se Punt die kritiese temperatuurpunt is waar magnetisme skielik verdwyn. Pierre Curie ontvang in 1903, saam met Henri Becquerel en sy eggenote Marie, die Nobelprys vir fisika.[1]
Hy sterf in 'n ongeluk toe 'n perdekar oor hom ry in Parys op 19 April 1906. Pierre en sy vrou het twee dogters gehad: Ève en Irène.