Pisces I-dwergsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Visse (Pisces) | |||
Tipe | dSph? | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 035m 56,6s | |||
Deklinasie | +21º 53' 41" | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 260 000 | |||
Kenmerke | Melkwegsatelliet | |||
Ander name | Geen | |||
|
Die Pisces I-dwergsterrestelsel is ’n groep sterre in die Melkweg se halo wat ’n sferoïdale dwergsterrestelsel kan wees wat verbrokkel het.[1] Dit is in die sterrebeeld Visse (Pisces) en is in 2009 ontdek toe die verspreiding van RR Lyrae-sterre bestudeer is in data van die Sloan- Digitale Lugopname.[2]
Pisces I is sowat 260 000 ligjare van die Son af en beweeg na die Son teen ’n snelheid van sowat 75 km/s.[3] Dit is een van die dofste satelliete van die Melkweg. Sy massa is na raming minstens 105 sonmassas.[2] Dit het egter ’n deursnee van ’n paar grade en kan in ’n oorgangsfase tussen ’n gebonde en heeltemal ongebonde stelsel wees.[3] Daar kan ook ’n band wees tussen Pisces I en die Magellaanse Stroom.[2]