Die waterlyn van 'n skip is die lyn op die boeg van 'n skip waar die oppervlak van die water aan die boeg van die skip raak.
Hierdie waterlyn wissel na gelang van die vrag van die skip, met 'n swaar gelaaide skip wat dieper in die water lê, en die waterlyn wat dus hoër op teen die boeg en flanke van die skip lê.
Die Plimsoll-lyn is waar die waterlyn lê wanneer 'n skip tot by sy wettige limiet vir sekere watertipes en temperatuur gelaai is, om steeds die dryfvermoë (Engels: buoancy) van die skip te verseker. Die term is genoem na Samuel Plimsoll wat dit in 1876 ontwerp het, en word internasionaal vir hierdie doeleinde gebruik.
Dit is belangrik om die onderskeid tussen begrippe plimsoll-lyn en waterlyn te verstaan, aangesien die plimsoll-lyn bo, of onder, die waterlyn kan lê.
Die boeg van die skip word gewoonlik bo en onder die boeg met verskillende kleure geverf, om hierdie lyn duidelik sigbaar te maak.