Pol Pot | |
Sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van Kampuchea
| |
Ampstermyn Februarie 1963 – 1981 | |
Vise | Nuon Chea |
---|---|
Voorafgegaan deur | Tou Samouth |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Eerste Minister van die Demokratiese Kampuchea
| |
Ampstermyn 17 April 1975 – 27 September 1976 | |
President | Khieu Samphan |
Voorafgegaan deur | Khieu Samphan |
Opgevolg deur | Nuon Chea |
Ampstermyn 25 Oktober 1976 – 7 Januarie 1979 | |
President | Khieu Samphan |
Voorafgegaan deur | Nuon Chea |
Opgevolg deur | Pen Sovan |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Mei 1925[1][2] Kampong Thom, Frans-Indochina (tans Kambodja) |
Sterf | 15 April 1998 Anlong Veng, Kambodja |
Politieke party | Kommunistiese Party van Kampuchea |
Eggenoot/-note | Khieu Ponnary Mea Son |
Saloth Sar (Khmer: Pol Pot: ប៉ុល ពត; Saloth Sar: សាឡុត ស; 19 Mei 1925 tot 15 April 1998) ook bekend as Pol Pot, was 'n Kambodjaanse diktator en Maoïstiese rewolusionêr.
Hy was leier van die kommunistiese beweging genaamd Khmer Rouge. Vanaf 1975 tot 1979 was hy die eerste minister van Kambodja wat toe bekend gestaan het as die Demokratiese Kampuchea. Pol Pot het op 17 April 1975 leier van Kambodja geword. Tydens sy bewind het hy agrariese sosialisme ingestel, wat stadsbewoners gedwing het om na die platteland te gaan om op kollektiewe plase te werk en dwangarbeid te verrig. Die gesamentlike gevolge van dwangarbeid, wanvoeding, swak mediese sorg en teregstellings het tot die dood van ongeveer 21% van die Kambodjaanse bevolking gelei. In totaal is daar na raming 2 tot 4 miljoen mense onder sy leiding dood.
In 1979, na Viëtnam se inval in Kambodja, vlug Pol Pot na die oerwoude van die suidweste van Kambodja, en die Khmer Rouge-bewind stort in duie. Van 1979 tot 1997 het hy en 'n oorblyfsel van die ou Khmer Rouge naby die grens van Kambodja en Thailand gevestig, waar hulle gestreef het om die bewind te herwin, met die nominale erkenning van die Verenigde Nasies as die wettige regering van Kambodja. Pol Pot is in 1998 dood terwyl hy onder huisarres was deur die Khmer Rouge faksie van Ta Mok. Sedert sy dood het daar gerugte ontstaan dat hy vergiftig is.