Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Vanuatu |
Provinsie | Shefa |
Koördinate | 17°44′25″S 168°19′15″O / 17.74028°S 168.32083°O |
Stigting | 19de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 44 040 |
- Bevolkingsdigtheid | /vk km |
Tydsone | UTC +11 |
- Somertyd | UTC +11 |
Burgemeester | Ulrich Sumptoh |
Amptelike webwerf |
Port Vila is die hoofstad en grootste stad van die eilandnasie Vanuatu. Die stad is aan die weskus van die eiland Efate geleë en het 'n bevolking van 44 040 in 2009 gehad,[1] 'n toename van 35% teenoor die vorige sensusuitslag (29.356 in 1999). In 2009 vorm die bevolking van Port Vila 18,8% van die land se bevolking en 66,9% van die bevolking van Efate.
Aan die suidkus van die eiland Efate, in die Shefa-provinsie, is Port Vila die ekonomiese en kommersiële sentrum van Vanuatu. Die burgemeester is Erick Puyo Festa, van die Vanua'aku Pati, wat in Januarie 2018 verkies is; sy adjunk is Jenny Regenvanu, van die Graun mo Jastis Pati.[2]
Op 13 Maart 2015 het Port Vila groot skade gely, aangerig deur sikloon Pam.[3]