Pous Johannes Paulus II | |
---|---|
Geboortenaam | Karol Józef Wojtyła |
Pontifikaat begin | 16 Oktober 1978 |
Pontifikaat eindig | 2 April 2005 |
Voorganger | Johannes Paulus I |
Opvolger | Benedictus XVI |
Gebore | 18 Mei 1920 Wadowice, Pole |
Sterf | 2 April 2005 (op 84) Vatikaanstad |
Ander pouse genaamd Johannes Paulus |
Sint Pous Johannes Paulus II | |
---|---|
Gebore | 18 Mei 1920, Wadowice, Pole |
Sterfte | 2 April 2005, Vatikaanstad |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Saligverklaring | 1 Mei 2011, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Benedictus XVI |
Heiligverklaring | 27 April 2014, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus |
Feesdag | 22 Oktober |
Attribute | Pouslike Ferula, pouslike klere |
Beskermheilige | Krakow, Pole, Wêreldjeugdag, jong Katolieke, Świdnica,[1] gesinne,[2] Wêreldvergadering van Gesinne 2015 |
Pous Johannes Paulus II (Latyns: Ioannes Paulus PP. II, Italiaans: Giovanni Paolo II; gebore as Karol Józef Wojtyła in Wadowice, Pole, op 18 Mei 1920 – Vatikaanstad, 2 April 2005) was die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 16 Oktober 1978 tot sy dood op 2 April 2005. Hy was die eerste nie-Italiaanse pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 455 jaar (naamlik sedert die pontifikaat van die Nederlandse pous Adrianus VI in 1523), en die eerste Slawiese pous in die geskiedenis. Sy pontifikaat was die op twee na die langste in die geskiedenis (na dié van Simon Petrus en pous Pius IX). Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig' en ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'. Tot die verkiesing was Karol Józef Wojtyła aartsbiskop en kardinaal-priester van Krakow.