Pous Julius II | |
---|---|
Geboortenaam | Giuliano della Rovere |
Pontifikaat begin | 1 November 1503 |
Pontifikaat eindig | 21 Februarie 1513 |
Voorganger | Pius III |
Opvolger | Leo X |
Gebore | 5 Desember 1443 Albisoli, Italië |
Sterf | 21 Februarie 1513 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Julius |
Pous Julius II was die 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1503 tot 1513. Sy bynaam was "Il Papa Terribile" (die verskriklike pous).[1]Sy pontifikaat is gekenmerk deur 'n aggressiewe buitelandse beleid, ambisieuse bouprojekte en die bevordering van die skone kunste.