Prins Leopold | |
---|---|
Hertog van Albany | |
Volle naam | Leopold George Duncan Albert |
Eggenote | Prinses Helena van Waldeck en Pyrmont |
Kinders | Prinses Alice, Gravin van Athlone Charles Edward, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha |
Titels | SKH die Hertog van Albany SKH prins Leopold |
Huis | Huis van Sakse-Koburg en Gotha |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria van die Verenigde Koninkryk |
Gebore | 7 April 1853 |
Oorlede | 28 Maart 1884 |
Prins Leopold, die Hertog van Albany (Leopold George Duncan Albert; 7 April 1853 – 28 Maart 1884) was ’n seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Leopold het later die titels Hertog van Albany, Graaf van Clarence en baron Arklow gekry. Hy het hemofilie gehad en dit het eindelik tot sy dood gelei.
As die seun van ’n Britse monarg het hy van geboorte af die titel SKH prins Leopold gehad. Sy ouers het hom genoem na koningin Victoria se oom koning Leopold I van België.