Proton

Vir ander betekenisse sien proton (dubbelsinnig).
Proton
Die kwarksamestelling van ’n proton: twee opkwarke (u) en een afkwark (d). Die kleure van die individuele kwarke is arbitrêr, maar al drie kleure moet teenwoordig wees. Wisselwerkings tussen kwarke word bewerkstelling deur gluone.
Die kwarksamestelling van ’n proton: twee opkwarke (u) en een afkwark (d). Die kleure van die individuele kwarke is arbitrêr, maar al drie kleure moet teenwoordig wees. Wisselwerkings tussen kwarke word bewerkstelling deur gluone.
Klassifikasie Barion
Samestelling 2 opkwarke (u), 1 afkwark (d)
Statistiek Fermionies
Groep Hadron
Wisselwerking Swaartekrag, elektromagnetiese, swak, sterk wisselwerking
Simbool p, p+, N+
Antideeltjie Antiproton
Geteoretiseer William Prout (1815)
Ontdek Waargeneem as H+ deur Eugen Goldstein (1886). In ander kerns geïdentifiseer (en naam gegee) deur Ernest Rutherford (1917-1920).
Massa 938,2720813(58) MeV/c2[1]

1,007276466879(91) u[1]

Gem. leeftyd > 2,1×1029 jaar (stabiel)
Elektriese lading +1 e
1,6021766208(98)×10−19 C[1]
Ladingradius 0,8751(61) fm[1]
Dipoolmoment < 5,4×10−24 e⋅cm
Elektriese polariseerbaarheid 1,20(6)×10−3 fm3
Magnetiese moment 1,4106067873(97)×10−26 JT−1[1]

1,5210322053(46)×10−3 μB[1]
2,7928473508(85) μN[1]

Magnetiese polariseerbaarheid 1,9(5)×10−4 fm3
Spin 1/2
Swak isospin 1/2
Pariteit +1

Die proton is ’n subatomiese deeltjie met ’n positiewe elektriese lading en ’n massa van 1 op die skaal van atoommassas; omtrent 1 836 keer die massa van ’n elektron en effens minder as dié van ’n neutron. Protone en neutrone is saam bekend as nukleone.

Die kern van die waterstofatoom se mees algemene isotoop is ’n enkele proton. Die kerns van ander atome bestaan uit protone en neutrone wat deur die sterk kernkrag gebind word. Die getal protone in die kern word die atoomgetal (simbool: Z) genoem en bepaal die chemiese eienskappe van ’n atoom asook watter chemiese element dit is.

Die woord "proton" is Grieks vir "eerste" en dié naam is in 1920 deur die Britse fisikus Ernest Rutherford aan die waterstofkern gegee. In vorige jare het Rutherford ontdek die waterstofkern (die ligste kern) kan deur atoombotsings onttrek word van die kerns van stikstof. Die proton was dus ’n kandidaat om ’n elementêre deeltjie te wees, en dus die bousteen van stikstof en alle ander swaarder kerns.

In die moderne Standaardmodel van deeltjiefisika is protone hadrone en bestaan hulle nes neutrone, die ander soort nukleon, uit drie kwarke. Hulle word dus nie meer as elementêre deeltjies beskou nie.

Dit is nou bekend hulle bestaan uit twee opkwarke met ’n lading van +23 e en een afkwark met ’n lading van -13 e. Die rusmassas van kwarke dra egter net sowat 1% van die proton se massa by.[2] Die res van die massa is vanweë die kwantumchromodinamiese bindingsenergie, wat insluit die kinetiese energie van die kwarke en die energie van die gluonvelde wat die kwarke saambind.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 Mohr, P.J.; Taylor, B.N., Newell, D.B. (2015), "The 2014 CODATA Recommended Values of the Fundamental Physical Constants", National Institute of Standards and Technology, Gaithersburg, MD, US.
  2. Cho, Adrian (2 April 2010). "Mass of the Common Quark Finally Nailed Down". Science Magazine (in Engels). American Association for the Advancement of Science. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2015. Besoek op 27 September 2014.

Developed by StudentB