Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Wes-Kaap (Kaapstad)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Oos-Kaap (Bhisho)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Noordwes (Mahikeng)
- Gauteng (Johannesburg)
- Mpumalanga (Nelspruit[1])
- Limpopo (Polokwane[2])
- ↑ Die stad is ook sedert 2009 bekend as Mbombela
- ↑ Voorheen bekend as Pietersburg